Skryfhulp Afrikaans
Moontlik gemaak deur die Instituut voor Levende Talen

Hoe werk die Skryfhulp?

Die Skryfhulp ondersteun jou tydens die redaksie van jou akademiese tekste en werk baie eenvoudig:

  • Maak die Skryfhulp oop en kopieer die teks in die teksvenster (plaas jou teks hier...).
  • Klik op een van die skakels (tekshersiening of teksverryking) en vervolgens op een van die opsies (bv. Struktuur en Samehang en daarna op een van die sub-opsies, bv. Teksanalise).
  • Wanneer jy “Die teks is verwerk!” bo die teksvenster sien, is die toepassing klaar.
  • Lees die agtergrondinligting bo die teksvenster. Kyk dan na die uitgewysde teks en ook na die moontlike kommentaar wanneer jy met die muis oor die woord beweeg.
  • Korrigeer of pas jou teks op die skerm aan: die teksvenster laat jou toe om die redigering van jou teks daarin te doen.
  • Nadat jy jou teks hersien het met die hulp van die Skryfhulpfunksie, kopieer die teks terug in jou teksverwerker.


Aandag!

  • Kopieer jou teks met die wysigings gereeld terug na die dokument waarmee jy werk om te vermy dat 'n moontlike tegniese probleem dit uitvee.
  • Teken af deur op die skakelMeld af te klik. Jou teks word dan uit die internetblaaier verwyder.


Wat doen die Skryfhulp?

Die Skryfhulp help jou om ’n idee te kry van die akademiese gehalte van jou teks:

  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Teksanalise. Let op die leesbaarheidsindeks van jou teks en vergelyk dit met die voorbeeldtekste.


Die Skryfhulp help jou om die interne koherensie van jou teks na te gaan:

  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Aanwysers. Die woorde wat in jou teks uitgewys word verwys na ’n reeds vermelde woord of idee. Is dit korrek?
  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Diskoersmerkers. Die verband tussen die onderdele/sinne in jou teks word dikwels eksplisiet weergegee met woord soos omdat, gevolglik ... Maak jy (voldoende) gebruik daarvan?


Die Skryfhulp help jou om gebalanseerde tekste te skryf:

  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Veel voorkomende woorde. Woorde wat rondom die onderwerp gaan, sal dikwels in jou teks voorkom en ook heel moontlik in die begin van jou teks voorkom. Is dit so? Andersins kan hierdie funksie ook gebruik word om woorde wat te veel in die teks voorkom uit te wys.
  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Veel voorkomende frases. Dit is moontlik dat jy met hierdie funksie sal ontdek dat jou teks nie gevarieerd genoeg is ten opsigte van woordgebruik en veroorsaak dat jou teks nie so gemaklik lees nie.
  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Sinslengte. Kyk daarna dat jou sinne nie te lank word nie, en maklik begryp kan word deur die leser. Gebruik soms korter sinne, veral om aandag te trek na ’n spesifieke stelling.
  • STRUKTUUR EN SAMEHANG/Paragraaflengte. ’n Paragraaf is ’n blok teks met sinne wat inhoudelik verband hou met mekaar. Oor die algemeen is daar nie ’n genoegsame hoeveelheid inhoud in korter paragrawe nie en te lang paragrawe word dikwels verdeel.


’n Teks sal aan ’n meer wetenskaplike skryfstyl voldoen deur sommige woorde en formulerings te vermy:

  • STYL/Formele en argaïese woorde. ’n Wetenskaplike teks moet duidelik en helder wees.
  • STYL/Persoonlike taalgebruik. Tensy jy ’n verslag of refleksie oor ’n onderwerp skryf, word persoonlike voornaamwoorde baie selde gebruik in die akademiese konteks.
  • STYL/Informele woorde en woorde wat kan aanstoot gee/Onvanpaste woorde/Nie-akademiese woorde. Wetenskaplike taal maak gebruik van ’n heeltemal ander register as byvoorbeeld informele gesprekstaal.
  • STYL/Omslagtige taalgebruik. Vermy om onnodige woorde en konstruksies te gebruik wat nie werklik bydra tot die inhoud van jou teks nie.
  • [STYL/Naamwoordstyl. Bepaalde selfstandige naamwoorde word soms vervang met werkwoorde.]
  • [STYL/Vae en algemene woorde. In ’n wetenskaplike teks word die inligting altyd so duidelik en presies as moontlik oorgedra word.]


Of om bepaalde sinskonstruksies minder te gebruik:

  • STYL/Passiewe konstruksies. Te veel passiewe konstruksies in die teks maak dit moeilik leesbaar.


Die Skryfhulp help jou om ’n paar foute in jou teks te korrigeer:

  • SPELLING/Spelfoute. Die speltoetse van die Skryfhulp is nog nie so sterk soos Spelgoed 5 nie, maar behoort vir jou ’n goeie aanduiding te kan gee wanneer daar ’n spelfout in jou teks voorkom en indien moontlik, sal die program ook ’n voorstel gee om die spelfout te korrigeer. Die speltoetser dui ook ander frekwente foute aan buiten die moontlike spelfoute.
  • SPELLING/Afkortings. Gereelde gebruik van afkortings in akademiese tekste moet liewers vermy word.
  • [SPELLING/Aaneengeskryf of nie? Afrikaans, teenoor Engels, word woorde meer dikwels aaneengeskryf as nie. Daar moet ook aandag geskenk word aan moeilike gevalle byvoorbeeld, ten slotte en tenslotte wat ’n verskil in betekenis kan meebring wanneer dit aangeskryf is al dan nie, maar albei is korrek gespel.]


Wat kan die Skryfhulp nie doen nie?

Die Skryfhulp dui nie alle foute aan nie en dit is nie moontlik om die program meteens alle moontlike foute ten opsigte van taal te leer nie. Dit is dus van uiterste belang dat jy nog steeds krities na jou teks kyk en aandag lees deur die voorstelle wat Skryfhulp maak. Dink mooi voordat jy iets aan jou teks sommer net verander.

Die Skryfhulp word ontwikkel deur die Instituut voor Levende Talen aan die KU Leuven, in samewerking met Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Pretoria en Universiteit Stellenbosch.

Terug na Skryfhulp